Kaapstad Middestad Akkommodasie by Cartwright's Corner 9th Floor | LekkeSlaap
+18

Cartwright's Corner 9th Floor

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cartwright's Corner 907, Adderleystraat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 R945 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cartwright's Corner 9th Floor is 'n selfsorgwoonstel in die hartjie van die middestad op die negende verdieping van die gesogte Cartwright's Corner in Adderleystraat. Die eenheid het pragtige staduitsigte, uitstekende sekuriteit en privaat, veilige motorhuisparkeerplek. Dit is net 'n klipgooi vanaf die Parlement, diplomatiese kantore, die Hooggeregshof, winkels en verskeie besienswaardighede.

Dié moderne hoekeenheid het hoë plafonne, baie vensters en lig wat van alle kante hoeke af instroom bied fantastiese uitsigte oor die stad. Die slaapkamer is ruim en het 'n koningingrootte-bed, ingeboude klerekas, kluis en pragtige, Egiptiese katoenlinne. Die spieëltafel kan as 'n studeertafel of werkhoekie gebruik word.

Die woonstel is met die intrapslag indrukwekkend en het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Dit bied skouspelagtige uitsigte vanuit elke hoek. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof en yskas-vrieskas. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien met 'n droogfunksie wat gaste kan gebruik. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Geriewe in die kompleks sluit 'n leefstylsentrum, gimnasium en binnenshuise swembad slegs vir inwoners en gaste in. Daar is ook 24 uur-sekuriteit, parkeerplek binne en ongelooflike uitsigte oor die middestad, see en berge. Cartwright's Corner is sedert die 1970's 'n modernistiese argitektuurskat.

Slaapplek

’n Bespreking by Cartwright's Corner 9th Floor sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Cartwright's Corner 907, Adderleystraat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 050
Vanaf R945
per nag (plek vir 2)
was R1 050
Vanaf R945
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cartwright's Corner 907, Adderleystraat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJmY2M3NzcyLTJkMmEtNDNhYS1iN2Y5LWI0Y2FmZDQzOGMwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 050, nou Vanaf R945  per nag (plek vir 2) 907 Cartwright's Corner 19A Adderley Street 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9237518 18.4215446
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za