Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cas Da Willa Lodge

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 35, Reitzhof, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 380 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cas Da Willa Lodge is 'n 15 ha-plaas van in Kathu, "die dorp onder die bome", in die Noord-Kaap, die land se grootste provinsie met die kleinste bevolking, geleë. Daar is heelwat geriewe beskikbaar en dis ideaal vir gesinne, vriende, konferensies, seminare of troues.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, lugversorging, 'n yskassie, DStv (hotelpakket) en tee- en koffiemaakgeriewe. Ons het braai-areas binne en buite en daar is geriewe in die reuse tuin. Daar is 'n swembad, 'n plonspoel vir kinders, veerpyltjies, 'n pooltafel en tafeltennis. Dis uiters veilig vir diegene wat wil draf, fietsry of net wil gaan stap.

Ons bedien daagliks ontbyt en aandete in die eetkamer. Wegneemetes vir ontbyt en middagete is ook beskikbaar.
Verder is daar 2 volledig gelisensieerde kroeë, 'n groot troulokaal met 'n buitelug-kapel. Ons het 'n goed toegeruste konferensielokaal met geriewe soos 'n dataprojektor, skerms, klankstelsel, ens. Daar is ook alles wat jy sou benodig vir verjaardagpartytjies, jaarlikse en tema-danse, matriekafskeid en vele meet en ons kan ook spyseniering verskaf. Vir enige van jou spesiale geleenthede of groot besprekings, kan jy gerus navraag doen oor ons spesiale afslagtariewe.

Gaste kan verseker wees van rustige, gerieflike, stil verblyf, 'n ware plattelandse leefstyl in 'n rustige omgewing. Ons bied waarlik 'n tuiste waar jy so tuis soos by jou eie huis sal voel. Ons gereelde besoekers het ons gedoop as die "versteekte juweel van Kathu” en meeste van ons bemarking die afgelope tien jaar is deur voormalige gaste se oorvertellings.

Ons is slegs 6,2 km vanaf die Shishen Gholfbaan wat koersvas as een van die top 20 gholfbane in Suid-Afrika aangewys word. Dis elke jaar die tuiste van die Kalahari Classic wat deel van die Vodacom SA Tour. Een van die enigste 2 oorblywende Akasia-woude is ook deel van die gholfbaan. Die tweede is in Namibië. 'n Onvergeetlike gholf-ervaring!

Kathu is 'n goeie basis vanwaar jy die Kalahari kan verken. Besoek Kuruman, die Wonderwerk-grotte, Boesmansgat of Moffat Mission. Dis ook die ideale oornagplek vir gaste op pad na die Kgalagadi Oorgrenspark, Augrabies-watervalle, Namibië en Namakwaland, bekend vir sy veldblomme wat elke jaar 'n tapyt vorm.

Ons het ook heelwat kleinwild rondom die lodge soos voëls, meerkatte, rooimuishonde en skilpaaie.

Die Noord-Kaap is vinnig besig om 'n gewilde toeristebestemming te word. Vermy die skares en kom geniet iets anders.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 18 resensies vir Cas Da Willa Lodge
Netheid
3.7/5
Diens
3.7/5
Ligging
3.6/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Plot 35, Reitzhof, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink Cas Da Willa Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 380
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 380
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 35, Reitzhof, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ3ZWM3NmI5LWZlNmItNGQ2Ni1hYjkwLTZiNmUzZGUxMTMxNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 380 per nag, vir 2 mense 18 5 1 4 Plot 35 Reitzhof 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 10:00-22:00 10:00 -27.8775 23.286111111111