Casa Del Mare

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casa Del Mare is 'n selfsorg-vakansiehuis in die bekoorlike Weskusdorpie, Yzerfontein. Dié hawedorpie is net 80 km vanaf Kaapstad geleë en is veral gewild vir sy pragtige strande, seisoenale veldblomme, uistekende visvangplekke en asemrowende natuurskoon.

Die huis het slaapplek vir altesaam 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n yskas vir drankies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV teen die muur en volledige DStv.

Die huis het 'n omheinde tuin met 'n trampolien en braaigeriewe. Daar is 'n see-uitsig. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Casa Del Mare sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelstapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Casa Del Mare gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 901 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za