Stanford Akkommodasie by Casa Limoncello | LekkeSlaap
+14

Casa Limoncello

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corner Church and Morton Straat, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Casa Limoncello is in Stanford se hoofbewarea geleë en net 'n paar minute se stap vanaf die Village Green, winkels, restaurante en rivier in Stanford. Dit is 'n merkwaardige erfenishuis wat in 1920 as 'n winkel-woning gebou is. Dit is opgeknap en omskep in 'n dinamiese, gerieflike gesinshuis. Lekker kos, pret en gehaltetyd saam met die gesin kan hier geniet word.

Daar is 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer bevat 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Albei het luukse muskietnette en maak op 'n stoep oop. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 L-vormige stapelbeddens wat geskik is vir kinders en jong volwassenes.

Die huis het 3 badkamers, die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad en handstort. Die tweede badkamer het 'n Victoriaanse bad en aparte stort. Die derde buitebadkamer het 'n stort en kan bereik word van die derde slaapkamer en van die tuin af.

Die L-vorm sitkamer het 'n kaggel en 'n groot eetkamertafel met sitplek vir 8 - 10 gaste. Altwee leefareas is toegerus met platskerm-TV's met DStv.

Die volledig toegeruste kombuis is geskik vir 'n bobaas-kok en is die fokuspunt van die huis. Die gesinskamer lei van die kombuis af en maak op die dek oop met 'n braaiput en die bekroonde groentetuin. Gaste kan gebruik maak van die vars seisoenale produkte wanneer hulle maaltye voorberei. 'n Trampolien, dek en klimraam is beskikbaar vir kinders.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Corner Church and Morton Straat, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corner Church and Morton Straat, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdjNWI5ZjUzLTM0NWUtNGRkOC1hYmNkLWVkZGQyNDE4NjlhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 8) Corner Church and Morton Street Stanford 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.440250293908 19.452521204912
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za