Casa Linge Guest House - Kuruman

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casa Linge Gastehuis is in Kuruman, 'n dorpie op die grens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Kuruman word soms "die Oase van die Kalahari" genoem weens 'n fontein wat miljoene liters water van diep onder die grond uitspuit. Aangesien dié dorp op die hoofroete tussen Gauteng en Namibië of Kaapstad geleë is, is dit 'n ideale basis met genoeg om besoekers besig te hou.

Die gastehuis bied ruim dubbel- of 2-enkelbedkamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort of albei. Geriewe in die badkamer sluit spierwit handdoeke, japonne, toiletware en haardroërs in. Die kamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe en lugversorging. Die beddens is met donsveer-duvets en -kussings, perkallinne en elektriese komberse opgemaak. Al die kamers is nie-rook.

'n Heerlike ontbyt word persoonlik deur die gashere voorberei en voorgesit. Gaste het 'n keuse tussen 'n Engelse of Kontinentale ontbyt wat op die terras of in die pragtige tuin bedien kan word, afhangend van die weer. Aandete is op versoek beskikbaar. Ander geriewe op die perseel sluit 'n wasgoeddiens, braai-area en veilige parkeerplek in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Casa Linge Guest House - Kuruman gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za