Casa Mundo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casa Mundo bied selfsorgverblyf in Langebaan, 'n strandmeerdorpie aan die Kaap se Weskus. Langebaan is 'n uur se ry van Kaapstad af en is die ideale basis om die Weskus en al die besienswaardighede in die area te verken.

Dié huis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea.

Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer is ook op die grondverdieping en het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad.

Daar is 1 slaapkamer op die eerste verdieping met 'n dubbelbed en 'n gastetoilet.

Die tweede verdieping beskik oor 'n ruim oopplan-sitarea en -kombuis met 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Daar is ook 'n balkon met 'n ingeboude braai en 'n wonderlike uitsig.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Daar is gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio met buitemeubels, 'n piekniektafel en braaigeriewe. Die patio bied ook 'n lieflike uitsig oor die omheinde tuin.

Daar is 'n dubbelmotorhuis, maar daar kan slegs klein voertuie inpas.

Slaapplek

'n Bespreking by Casa Mundo sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Casa Mundo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 400 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za