Kaapstad Middestad Akkommodasie by Caspar's 1 Bed Apartment | LekkeSlaap
+6
+6

Caspar's 1 Bed Apartment

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langmarkstraat 118, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Caspar's 1 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in die hartjie van Kaapstad. Die gebou se ligging is ideaal naby verskeie ontspannings- en besigheidsgeriewe in die middestad.

Dié woonstel is volledig gemeubileer en het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, kaste, 'n spieëltafel en 'n elektroniese kluis. Daar is 1 badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, 'n oond met 'n stoof, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër.

Die leefarea langsaan het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n LCD-TV met DStv-Compact en 'n DVD-speler. Daar is 'n gemeenskaplike binnenshuise swembad en 'n goed toegeruste gimnasium in die gebou. Die gebou het ook 24 uur-sekuriteit en -ontvangs en toegekende parkeerplek met afstandbeheerde toegang.

Die woonstel is gerieflik naby kuierplekke, restaurante, museums, die Kompanjiestuin en die V&A Waterfront geleë. Dit is ongeveer 1,5 km vanaf die Kunstekaap en die KIKS en 3,5 km vanaf Kaapstad-stadion in Groenpunt.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Caspar's 1 Bed Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Langmarkstraat 118, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Caspar's 1 Bed Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langmarkstraat 118, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKg37EVGb1PIxzqxyukzYJ4Rz1kbnpURp34YG1jF19SEyy7oH6l?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 118 Longmarket Street Cape Town 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.923762 18.42157
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za