Sea Park Akkommodasie by Casuarina Sands | LekkeSlaap
+5
+5

Casuarina Sands

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Casuarina Straat, , Port Shepstone, 4241, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Casuarina Sands is 'n selfsorg-eenheid wat ideaal is vir 'n gesin of vriende wat lekker wil ontspan aan die Suidkus met sy pragtige strande en gholfbane. Dié eenheid is net 'n klein entjie se stap van die strand af en al wat tussen jou en Southport en Umtentweni se hoofstrande staan, is 'n kort rukkie agter die stuur.

Die eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n wasmasjien, en die oopplan-sitkamer het 'n TV en 'n DVD-speler. Daar is 'n tuinstel met sitplek vir 8 persone op die stoep met sy uitsig oor die boomtoppe tot by die see. Al die nodige linne en badhanddoeke word voorsien, maar onthou asseblief om jou eie swemhanddoeke en proviand saam te bring.

Maak gerus gebruik van die toesluitmotorhuis en die besoekersparkeerplek. Casuarina Sands is in 'n veilige kompleks op die randjie van die Umtentweni Waterfront.

Slaapplek

’n Bespreking by Casuarina Sands sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 2 resensies vir Casuarina Sands
Netheid
4.0/5
Diens
3.5/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • 12 Casuarina Straat, , Port Shepstone, 4241, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casuarina Sands het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Casuarina Straat, , Port Shepstone, 4241, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjYTVlMDE3LTcwZGMtNDc5MC1iMDM3LWU0ODUxZDUyY2I1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 4) 2 5 1 4 12 Casuarina Street Sea Park 4241 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.703991350907 30.484626442194
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za