Strand Akkommodasie by Catch Of The Day | LekkeSlaap
+21

Catch Of The Day

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kerkstraat 54A, Strand, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Catch Of The Day bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamerhuis in die kusdorp Strand. Die huis is 1 km vanaf die strand en dis ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 met handgemaakte dubbelbeddens en 1 met 2 stapelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Daar is ook 'n tafel waar kinders bordspeletjies kan speel. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, 'n ketel, broodrooster, eetgerei en 'n mikrogolfoond toegerus.

Gaste kan buite in die binnehof braai en om die etenstafel met 'n vars seebriesie kuier.

Die hoofswemstrand is ideaal vir swem. Daar is doendinge soos Dune Park met 'n waterwurm en minigholf. Harmony Park het 'n getypoel. Daar is ook watersportsoorte wat gaste al langs die strandfront af kan geniet. Strand het 'n gholfbaan, tennisbane, rugbyvelde, muurbalbane en jukskeibane. Gaste kan ook branderplankry, seil, bootvaar en roeiski.

Slaapplek

’n Bespreking by Catch Of The Day sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kerkstraat 54A, Strand, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kerkstraat 54A, Strand, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9e24e5815e6f20b9764e21613e1bb6ed73cd659ebb76d9d8fc1ea1fffae2e3b221e3cbb8ffed0ed2a8a760dcbc9210bad27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 54A Church Street Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -34.111608765811 18.829115271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za