Palm Beach Akkommodasie by Cat's Cradle | LekkeSlaap
+12
+12

Cat's Cradle

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lord Charles Somerset-weg 113, Palm Beach, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Cat's Cradle is 'n rustige selfsorg-ateljeewoonstel in Palm Beach naby Port Edward op 'n privaat woonerf met 'n privaat ingang.

Gaste stap 60 m deur die tuin vanaf die privaat parkeerarea na die ingang van die woonstelletjie. Die ateljee-eenheid is in 'n rustige tropiese tuin, net 2 km vanaf die pragtige, veilige Palm Beach-strand en getypoel. Dis ook net 3 km vanaf die Mpenjati Natuurreservaat waar gaste die voëllewe kan geniet, lang ente langs die strand kan gaan stap of vanaf die rotse en strand kan visvang.

Dié ateljee-woonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuis. Die slaapkamer het'n dubbelbed, sitarea en 'n platskerm-TV met beperkte kanale. Katoenlinne word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Katoenhanddoeke, badseep en skoonmaakmiddels word voorsien.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas, mikrogolf en 'n oondjie met 2 stoofplate. Die eetgerei, potte en panne is van hoë gehalte. Daar is ook 'n dubbelbaliewasmasjien vir gaste se gebruik.

'n Gasstofie en goeie flitse is byderhand in geval daar 'n Eskom-kragonderbreking is. Daar is ook tenke en 'n pomp wat water aan die woonstelletjie voorsien indien dit sou nodig wees.

Die woonstel lei na 'n privaat omheinde stoep onder 'n boom met 'n tafel en 2 stoele. Daar is veilige onderdakparkeerplek agter 'n hek.

Neem kennis dat die gashere saam met hul 4 katte op die perseel woon.

Slaapplek

’n Bespreking by Cat's Cradle sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Sweeds

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Cat's Cradle
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Lord Charles Somerset-weg 113, Palm Beach, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cat's Cradle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lord Charles Somerset-weg 113, Palm Beach, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwz03Rs16Thxcv0VzdOAuPV6h0W7TL1QaM3XtPYaVJzEA7lPgQf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 113 Lord Charles Somerset Road Palm Beach 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.984813077703 30.268838251312
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za