LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cayman Beach House 39 | LekkeSlaap
+7

Cayman Beach House 39

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faure Marine-rylaan, Cayman, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Cayman Beach House 39 is in 'n sekuriteitskompleks in die kusdorp Gordonsbaai geleë.

Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, breekware, eetgerei, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met 'n draagbare braai en sitplek. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.

Gaste kan van die gemeenskaplike swembad en waskamer gebruik maak. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en bied direkte toegang tot die strand.

Die kompleks is naby 'n winkelsentrum, Gordonsbaai se hoofswemstrand, Harbour Island met sy hawe en restaurant en Bikini-blouvlagstrand. Die verblyf is ideaal vir diegene wat die wynplase in die omgewing en ander besienswaardighede soos Tafelberg, Robbeneiland en die V&A Waterfront wil besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Cayman Beach House 39 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Faure Marine-rylaan, Cayman, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faure Marine-rylaan, Cayman, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJKGtTYBSPhpV2o1wDyO1Ux0oHVKY50CryhlcFHlOUfAhw6U628?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 6) Faure Marine Drive Cayman 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1468086 18.8576125
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!