Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cedar Garden

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Polo-weg 1, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cedar Garden is 'n ruim, goed toegeruste huis met 'n goeie ligging en 'n pragtige tuin in die gewilde Underberg. Dié sentrale, luukse B&B en selfsorg-onderneming is die perfekte basis vir besoekers wat die suidelike gedeelte van die Drakensberge wil verken.

Verblyf bestaan uit 4 kamers wat pragtig ingerig is. Dubbel- en enkelbeddens is beskikbaar en linne, handdoeke en toiletware word voorsien. Elektriese komberse, verwarmers en warmwaterbottels is beskikbaar.

Beleef die hartjie van Suid-Afrika se mooiste melkplaas-omgewing met koel, sneeu-winters of die sonnige, matige somersdae, asemrowende herfskleure, die statige huis en word vernuwe deur hierdie pragtige stukkie platteland. Die besige stadslewe sal gou vergete wees sodra jy jou in die rustige prentjiemooi-omgewing tuismaak.

Die Sanipas is 'n ervaring wat nie misgeloop moet word nie. 'n Viertrekvoertuig is 'n moet, maar as jy nie jou eie het nie kan Cedar Garden vir jou 'n rit reël saam met een van die toerleiers. Geniet 'n drankie by die hoogste kroeg in Afrika, 2 874 m bo seevlak. Die pas is die enigste toegangsroete tussen KwaZulu-Natal en Lesotho. Let asb. daarop dat jy jou paspoort nodig het om oor die grens te ry.

Die Sanipas en omgewing bied spesiale en endemiese voëlkykgeleenthede soos die Drakensbergse rotsvoël, bergkoester en bergpietjiekanarie. Begeleide voëltoere en staproetes na die boesmantekeninge kan ook deur Cedar Garden gereël word. 'n Gunsteling-staproete is na die Marching Men-terrein by Khanti, 'n staproete van omtrent 5 uur.

Besoek die geskiedkundige Himeville-museum wat in 1900 as die laaste van Natal se forte met kanonsirkels gebou is voordat dit gevangenes tot 1972 gehuisves het. Daar is 'n opelug-uitstalling van setlaar- en landbou-geskiedenis omring deur uitstalkamers waarin militêre, tradisionele Afrika en selfs forelvisvang-gedenkwaardighede ten toon gestel word. San-artefakte word ook in die museum bewaar.

Na 'n dag van avontuur en verkenningstogte keer jy terug na puik gasvryheid en 'n goeie nagrus by Cedar Garden!

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 57 resensies vir Cedar Garden
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Polo-weg 1, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cedar Garden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Polo-weg 1, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5ZmFhMTQ5LWM4MzQtNDQwMC04ODdmLWNjZTU0MjRhYWU3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 1 Polo Way Underberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.790458558294 29.495136737824