CeeDee

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Mrt 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

CeeDee is in 'n sekuriteitskompleks in Krugersdorp, Gauteng geleë. Die eenheid is naby verskeie winkels, restaurante en groot hoofweë en dit maak dit die ideale plek vir gesinne of sakereisigers.

Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Daar is 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n lessenaar, platskerm-TV met volledige DStv.

Gaste het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek op die perseel.

Die eenheid het 'n baie mooi uitsig en veral met volmaan het die eenheid 'n besonderse bekoring.

Die eenheid is in 'n baie stil omgewing geleë en hier kan mens waarlik rus vind.

Slaapplek

'n Bespreking by CeeDee sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na CeeDee gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R585 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Mrt 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za