Sheffield Beach Akkommodasie by C'est La Vie Beach House | LekkeSlaap
+25

C'est La Vie Beach House

7 resensies
Selfsorg
Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colwyn-rylaan 72 , Sheffield-strand, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 050 R4 235 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

C'est La Vie Beach House is 'n moderne dubbelverdiepinghuis met selfsorg-geriewe in Sheffield Beach, KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir 'n vriendegroep of 'n groot gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge.

Die huis het 5 slaapkamers, 3 badkamers, 2 aparte toilette en is volledig gemeubileer. Al die slaapkamers is op die boonste vloer en het enkelbeddens, 2 stapelbeddens of koningingrootte-beddens, en lieflike uitsigte oor die see of die tuin van die balkonne of vensters af. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n dubbeldeur-yskas met 'n ysmasjien, 'n mikrogolf, oond, gasstoof, ander toebehore en genoeg ingeboude kaste met breekware en eetgerei.

Die oopplan-eetarea het 'n tafel en sitplek vir 8 persone en daar is gerieflike rusbanke, 'n platskerm-TV met DStv-kanale en 'n tuisteaterstelsel en 'n verkyker in die sitkamer. Verder is daar 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër, en 'n kroeg-area met 'n yskassie.

Die konsertinadeure in die sitkamer lei na die gemeubileerde stoep en swembad-area met 'n tafel en sitplek, asook 'n ingeboude braaigeriewe. Die huis is ten volle omhein, met 'n muur voor en heining agter, en word beveilig met 'n alarmstelsel met laserstrale en gewapende reaksie.

'n Dubbelmotorhuis met afstandbeheer en genoeg veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n voetpaadjie tussen C'est La Vie Beach House en die privaat strand. Dan is die huis natuurlik ook naby aan visvang- en duikplekke, winkels, restaurante, 'n gholfbaan, King Shaka Lughawe, Sibaya Casino en Ballito. Al hierdie plekke is tussen 10 en 20 minute se ry vanaf C'est La Vie Beach House.

Slaapplek

’n Bespreking by C'est La Vie Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xKinderstapelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir C'est La Vie Beach House
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Colwyn-rylaan 72 , Sheffield-strand, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink C'est La Vie Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R6 050
Vanaf R4 235
per nag (plek vir 10)
was R6 050
Vanaf R4 235
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colwyn-rylaan 72 , Sheffield-strand, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfU4vIwe196R22LpkZITwIFNEhfkpDfX9vXDih5MQZxLeCMUfO0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R6 050, nou Vanaf R4 235  per nag (plek vir 10) 7 5 1 5 72 Colwyn Drive Sheffield Beach 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.48119 31.25892
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za