Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chameleon Bush Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 50, Klipdrift Plaas 90JR, Hammanskraal, Pretoria, 00400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Chameleon Bush Lodge is sentraal geleë in die Dinokeng Wildreservaat in Gauteng waar die Groot 5 nog vrylik rondloop. Kom ervaar luukse en gerieflike verblyf in 'n natuurlike omgewing waar jy begeleide boswandelinge en wildritte kan meemaak. Die unieke lodge maak sy leuse 'n werklikheid: "Die geroesemoes van die daaglikse lewe hou hier op!"

Die lodge het 5 verskillende chalets. Elke ateljee-styl chalet het 'n unieke kleurskema, moderne toestelle en goed ingerigte en suite-badkamers. Die chalets is ingerig met 2 ekstra-lengte enkelbeddens oorgetrek in gehalte-linne, volledig toegeruste kombuise met yskas-vrieskaste, gasstowe en oonde, mikrogolfoonde, eetgerei en breekware vir 4 mense en TV's met 'n gesinspakket DStv. Al die eenhede beskik oor lugversorging. Die en suite-badkamers het storte, baddens, wasbakke en toilette. Die 2 gesinseenhede beskik oor 2 ruim en suite-slaapkamers, 'n kombuisie wat goed toegerus is, eetarea, patio met ingeboude braai en 'n vuurput in die tuin. Elke slaapkamer het 'n skuifdeur wat lei na die tuin, asook 'n buitestort.

Gaste sal die lieflike uitsigte geniet vanuit elke hoekie van die chalet. Die badkamer (deur enkelrigting-glas), ontbythoekies en patio's sorg almal vir uitstekende uitsigte oor die omliggende area.

Jy kan uitstap op die patio en gebruik maak van die lekker, ingeboude braaigeriewe of jy kan ontspan op die pasgemaakte patio-meubels van hout. In die tuin is daar 'n lapa met sementbankies, 'n sentrale vuurput en 'n sementtafel onderdak.

Vir ekstra gemoedsrus is die perseel beveilig met 'n elektriese heining, 'n afstandbeheerde hek en die eenhede het elk 'n elektroniese kluis vir 'n skootrekenaar.

Bo en behalwe die groot verskeidenheid voëls is die perseel ook die tuiste van springhase wat vreeslik aktief is vroegaand. Gaste kan op begeleide boswandelinge of wildritte gaan. Dit word aangebied deur Mogena Game Lodge. Of jy kan net bespreek by enige van die ingangshekke en self ry.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 135 resensies vir Chameleon Bush Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Erfdeel 50, Klipdrift Plaas 90JR, Hammanskraal, Pretoria, 00400, Gauteng
  • Gaste dink Chameleon Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 50, Klipdrift Plaas 90JR, Hammanskraal, Pretoria, 00400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIyZDAwMzRkLThjYjAtNDcwYi1hNjc3LWNiOGYzZWZiYzQ2ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 135 5 1 5 Portion 50 of farm Klipdrift 90JR Hammanskraal 00400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.349289754079 28.357947170734