Champagne Stays

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Des 2018 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

Champagne Stays is 'n bekoorlike woonstel wat op die eienaar se perseel geleë is. Dit kan op 'n selfsorg-basis bespreek word. Die woonstel is in die Paarl en dis die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie doendinge en besienswaardighede in die Kaapse Wynlande.

Die woonstel het sy eie ingang en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en toilet in die badkamer. Die eenheid het ook 'n kombuisie in een van die kamers met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n oondjie met 'n tweeplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe. WiFi is beskikbaar.

Daar is heelwat boeke en tydskrifte in die eenheid vir gaste om deur te kyk en 'n TV met 'n DVD-speler. Gaste is meer as welkom om van die lapa-area gebruik te maak of in die swembad af te koel. Daar is parkeerplek van die straat af, en klein, goed-geleerde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Spesifiseer asb. of albei kamers benodig word wanneer die bespreking gemaak word, aangesien verskillende tariewe geld.

Champagne Stay is sowat 1 km vanaf 'n paar restaurante, die Paarl Museum en La Rochelle Meisies Hoërskool. Die Paarl Mall, Laborie Wynplaas en die Paarl Gimnasium-skool is net sowat 3 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Champagne Stays sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Champagne Stays gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R840 per nag (vir 4 mense)

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Des 2018 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za