Chardonnay Close

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chardonnay Close bied selfsorgverblyf in 'n stylvolle drieslaapkamerhuis in 'n pragtige sekuriteitslandgoed met 'n uitsig oor die Noordhoekvallei. Dié huis bied 'n panoramiese uitsig oor die berge en die Atlantiese Oseaan in die verte. Die landgoed is sowat 15 minute vanaf Long Beach in Noordhoek.

Chardonnay Close is ideaal vir gesinne. Kinders kan lekker op die trampolien en in die TV-kamer baljaar terwyl hul ouers ontspan. Die dek is ideaal vir skemerkelkies met 'n asemrowende uitsig oor die sonsondergange. Die huis bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n lieflike oopplan-leefarea en -eetarea met 'n kombuis.

Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Dié kamer het 'n dubbeldeur na die veranda. Die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed (of 'n dubbelbed op versoek) en toegang tot die gedeelde gesinsbadkamer. Daar is 'n driekwartbed in die derde slaapkamer wat, en hierdie kamer het ook toegang tot die gedeelde badkmaer.

Die oopplan-kombuis, sitkamer en eetarea lei na die rim veranda met braaigeriewe en lieflike uitsigte. Daar is 'n eetkamertafel met 6 stoele in die komuisarea wat ten volle toegerus is en beskik oor 'n wasmasjien. Verder het die huis WiFi en sekere DStv-kanale, en 'n kaggel vir die winter. Daar is ook 'n tafel en stoele buite. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Chardonnay Close sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chardonnay Close gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 173 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za