Charming Rosmead Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Charming Rosmead Cottage skuil in 'n rustige keisteenstraat in Kalkbaai - 'n lewendige, vissersdorpie aan die kus van Valsbaai. Dit is 'n effense boheemse buitewyk van Kaapstad wat tussen die see en die berge lê, met een van die laaste vissershawens in Suid-Afrika.

Dié smaakvol gemeubileerde kothuis het 3 slaapkamers en is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die solderstyl-hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, en lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping geleë en het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die slaapkamers op die onderste verdieping deel 'n badkamer met 'n bad.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea het 'n TV met DStv, 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n houtvuur-stofie. Daar is 'n alarmstelsel, braaigeriewe in die binnehof en gratis WiFi.

Besienswaardighede in die omgewing sluit restaurante, kunsgalerye, 'n getypoel, voetslaanroetes en 'n teater in.

Let asb. daarop dat daar klokreëling van 22:00 gedurende die week en 23:00 oor naweke is.

Slaapplek

'n Bespreking by Charming Rosmead Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Charming Rosmead Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za