Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cheetau Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheetau Lodge, Plaas xf (a) 1503, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Om ware rus en vrede in vandag se gejaagde lewe te vind is 'n luukse wat net sommiges kan bekostig ... By Cheetau Lodge maak ons nie net seker dat gaste heerlik uitrus en ontspan nie, maar verseker ons ook dat wanneer jy vertrek, jy uitgerus en vernuwe voel.

Ons bied 4-ster-akkommodasie in pragtige eenhede met volledige dienste, wat uitkyk oor die lieflike landskappe van Bethlehem, asook die unieke katspesies. Hetsy jy hier is vir 'n lang kuier, 'n funksie 'n paar dae lank, of dalk kom kuier jy net om by ons heerlike restaurant te kom smul aan ons kos, jy sal bederf word deur pragtige uitsigte, die mooie sonsondergang en die brul van 'n leeu in die agtergrond.

Laat die asemrowendheid van die uitsig jou betower terwyl jy 'n drankie geniet op die dek, of by jou kamer. Ons het 7 kamers wat elk vernoem is na 'n wilde dier. Elke kamer is luuks gemeubileerd om te verseker gaste kan heerlik kom ontspan in die kamer na 'n dag propvol lekker doendinge op die perseel, of in die omgewing.

Die eenhede is geleë tussen die hok-kampe waarin die wilde katte tuisgaan. Daar is 'n yskas, ketel, elektriese komberse, verwarmer en DStv met sekere kanale in al die kamers.

Cheetau Lodge is ook 'n pragtige venue vir 'n droom troue.

Die restaurant se spyskaart is 'n propvol smullekker keuses waarvan gaste kan kies, en op Sondae kan jy ons ongelooflike buffet-ete geniet. Maaltye kan geniet word terwyl jy oor die berge van die pragtige Oostelike Vrystaat tuur.

Die restaurant is oop vir die publiek van 12:00 - 20:00, Dinsdag tot Saterdag, en op Sondae word die buffet van 12:00 bedien. Die kroeg is ten volle gelisensieerd en gaste kan heerlike drankies hier bestel.

Ons sal enige funksie graag akkommodeer, van troues, intieme kuiers of dalk 'n groot funksie. Ons sal ook help met die beplanning van die funksie of troue om te verseker alles verloop glad.

Ons kan tot 60 persone akkommodeer en ons vriendelike personeel en kombuis sal seker maak jou gaste bly gelukkig.

Breek weg van die alledaagse gejaag en kom ontspan by ons. Die wilde diere, pragtige uitsigte en kulturele geskiedenis van die area sal jou betower.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Portugees

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Skootrekenaar-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 42 resensies vir Cheetau Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Jaar gelys 11

Ligging

  • Cheetau Lodge, Plaas xf (a) 1503, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink Cheetau Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheetau Lodge, Plaas xf (a) 1503, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg0MTg0NmFjLWIzNTAtNDkwMy1hNzVjLWFmMDg1ODhlNTQxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 Cheetau Lodge Farm xf (a) 1503 9700 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.35456 28.271255
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem