Groenpunt Akkommodasie by Chepstow Road Family Home | LekkeSlaap
+21

Chepstow Road Family Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chepstow-weg 8, Groenpunt , Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Chepstow Road Family Home is 'n drieslaapkamer-gesinshuis met 'n gedeeltelike see-uitsig en 'n uitsig oor Kaapstadstadion. Dié dubbelverdiepinghuis in Groenpunt is die ideale basis vir gaste wat Kaapstad wil verken.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf toegerus en daar is 'n etenstafel en stoele in die leefarea en 'n kaggel in die sitarea. Sommige kamers het TV's en die huis het WiFi en lugversorging.

Die huis het 'n balkon met buitemeubels sodat gaste die uitsig van hier af kan geniet. Die perseel is 3,5 km van die V&A Waterfront, 2,6 km van Kaapstadstadion en 3,4 km van die Seepunt-promenade af. Dit is ook naby restaurante, winkels, kroeë en koffiewinkels.

Slaapplek

’n Bespreking by Chepstow Road Family Home sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Chepstow-weg 8, Groenpunt , Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chepstow-weg 8, Groenpunt , Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXnhQNooF9X6lmn06fAmRY3Q97KxpPit2u3haW4T9BcBQVmz0tI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 6) 8 Chepstow Road Green Point 8051 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9124128 18.4114009
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za