Cherry Glamping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cherry Glamping is op die Groenrug-landgoed in die hartjie van die pragtige Elgin-vallei geleë. Ons bied 'n unieke, luukse kamp-ervaring in 'n afgesonderde woud met 'n panoramiese uitsig oor die Elgin-wynvallei. Die landgoed is langs die N2, sowat 76 km vanaf Kaapstad.

Verblyf is beskikbaar in 12 ruim, gemeubileerde, ronde permatente in die woud. Elke tent het slaapplek vir 2 gaste en beddens vir kinders kan teen ekstra koste bygevoeg word. Daar is 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel en 'n tafel met sitplek vir 24, en gaste het die gebruik van 'n volledig toegeruste kombuis en 'n lapa met braaigeriewe. Verder kan gaste in die veld gaan braai of 'n skemerkelkie geniet met 'n uitsig oor die vallei.

Cherry Glamping maak voorsiening vir troues, groter groepe, wegbreke, feeste, spanbou- en ander funksies. 'n Ekstra 38 tente kan vir tot 100 gaste opgeslaan word. Besoekpunte sluit Elgin-wynvallei, die appeldorp Grabouw en Botrivier in. Daar is ook opwindende doendinge in die omtrek, soos vierwielmotorfiets- en bergfietsry. Oorweeg selfs 'n daguitstappie na die Overberg of Walvisroete!

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cherry Glamping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za