Chesapeake Bay 38

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chesapeake Bay 38 is 'n selfsorgwoonstel in Margate. Dis in 'n veilige kompleks met parkeerplek vir 'n sleepwa, asook 'n onderdakparkeerplek langs die eenheid. Die kompleks bied 'n swembad, tennisbaan en braaigeriewe.

Dié woonstel is op die onderste verdieping, het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n gastetoilet. Linne word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke saam.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tuimeldroër, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Die sitarea lei na 'n beskutte stoep met 'n etenstafel vir 4 en 'n rusbank.

Slaapplek

'n Bespreking by Chesapeake Bay 38 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chesapeake Bay 38 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false