Chesapeake Bay 9

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Chesapeake Bay 09 is in die gewilde kusdorpie Margate op 'n uitstekende plek in 'n veilige kompleks geleë. Hierdie grondvloereenheid is 2 vlakke onder die parkeerarea geleë en bied 'n panoramiese 180° see-uitsig. Die eenheid is nie rolstoelvriendelik nie omdat daar trappe is wat na die eenheid lei.

Dié netjiese woonstel het 3 slaapkamers wat ingerig is met dubbel- en enkelbeddens en daar is ook 2 badkamers. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, skottelgoedwasser, tuimeldroër, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en eetgerei en breekware. Die sitkamer beskik oor 'n TV met 'n DStv-dekodeerder (Premium-subskripsie), -slimkaart en kragtoevoer. Twee parkeerplekke is ook beskikbaar.

Ekstra geriewe op die perseel sluit 'n swembad, tennisbaan, wassery en braaigeriewe in. 'n Plankpaadjie begin onder die kompleks en lei al langs die strandpad tot by Margate se hoofstrand. Dit het trappies langs die pad wat na 'n hele paar beskutte strande lei. Die kompleks is 1 km van Margate se hoofstrand en die middedorp af wat verskeie restaurante, winkels en vermaak bied. Ramsgate-strand is ook naby die kompleks.

Linne word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke en toiletpapier saam.

Slaapplek

'n Bespreking by Chesapeake Bay 9 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chesapeake Bay 9 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 215 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false