Amathole-distrik Akkommodasie by Cheviot Fells Farmstay | LekkeSlaap
+13

Cheviot Fells Farmstay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cheviot Fells-plaas, Bedford, 5780, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cheviot Fells Farmstay bied selfsorgverblyf op ‘n plaas naby Bedford, wat sowat 56 km vanaf Bedford, 2 en ‘n halfuur se ry vanaf Port Elizabeth en 217 km vanaf Graaff-Reinet is. Cheviot Fells Farmstay is in die hartjie van die Baviaansrivier Reservaat geleë.

Verblyf word gebied in ‘n houthut wat onlangs opgeknap is en ideaal is vir stappers, motorfietsryers, gaste wat wil kom blommekyk of diegene wat net in ‘n rustige omgewing wil ontspan.

Dié hut het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 kamers, 1 badkamer, ‘n sitarea en ‘n kombuis. Daar is ook ‘n eetarea op die beskutte dek. Elke kamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met ‘n gasstoof, oond, yskas, diepvrieskas en 'n mikrogolf. Die plaaswater is veilig om te drink. Die dek bied ‘n lieflike uitsig op die berge en oor die plaas. Gaste kan ook die sonsondergang, diere en voëls van die dek af dophou.

Daar is ‘n groot boma waar gaste kan braai, sterrekyk en na die naggeluide luister. Hout is beskikbaar.

Die Baviaansrivier wat tans droog is, is aan die plaas se onderpunt. Daar is ook verskeie voetslaanpaaie langs die rivier en in die omgewing.

Cheviot Fells is perfek vir diegene wat uit die stad wil wegkom.

Slaapplek

’n Bespreking by Cheviot Fells Farmstay sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Cheviot Fells-plaas, Bedford, 5780, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amathole-distrik Oos-Kaap
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cheviot Fells-plaas, Bedford, 5780, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6d23564e919f6ff488609e1e787243d986a739b2b894d8d2285de6c843929483615e2832c1207f38b3d39d14f91a55cefd5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) Cheviot Fells Farm Bedford 5780 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -32.3083 26.1493282
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za