LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Chez Alice | LekkeSlaap
+33

Chez Alice

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Sword Dancer-singel 9, Crofters Valley, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 900 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Chez Alice is 'n pragtige plaasstyl-grasdakhuis met 'n lieflike tuin, swembad, ongekunstelde houtmeubels, kaggels en 'n groot gesinskombuis. Die knus huis is in Crofters Valley in Noordhoek geleë en spog met 'n see-uitsig in die verte.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. 3 van die slaapkamers is op die boonste verdieping, met dennehoutvloere en groot skuifvensters met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en sonsondergang. Die middelkamer is die ruim hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n hoë grasdakplafon. Daar is 2 kleiner slaapkamers weerskante van die hoofslaapkamer. Een van die slaapkamers het 'n dubbelbed, gemakstoel en Kaapse-styl-meubels om by die antieke bed te pas. Die ander slaapkamer het 'n koper dubbelbed, 'n gemaklike rusbank en ingeboude kaste. Daar is 2 badkamers op die boonste verdieping, een met 'n stort en die ander een met 'n bad.

Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping geleë en het 'n terracotta-vloer en Franse deure wat na 'n afgesonderde deel van die stoep lei. Dié slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n uitsig oor die stoep en die tuin. Daar is 'n badkamer met 'n stort langs die slaapkamer.

Die sitkamer het 'n oop kaggel en gemaklike sitplek. Op somersdae kan 2 stelle die Franse deure wat na die stoep lei oopgemaak word. Daar is boeke, bordspeletjies en speelgoed, sowel as 'n versameling plate en CD's. 'n Oop boogdeurgang lei na die groot plaasstyl-kombuis.

Die kombuis het 'n kaggel, groot houttafel, 2 plaasstyl-houtkombuiskaste en 'n versameling emalje-bakke, -borde, -potte, kleurvolle koppies, kookgerei en parafienlampies. Die kombuis is met 'n vyfplaatgasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien, melk-verromer, koffie-meul, dompelkoffiepot, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus. Franse deure lei na die stoep waar daar nog 'n groot tafel en stoele is sodat gaste lekker buite kan kuier.

Daar is voorraad van al die basiese onbederfbare items, soos sout, peper, olie, asyn, kruie, speserye, meel, rys, pasta, suiker, koffie en tee, sowel as vars melk, eiers, botter en vrugte sodat gaste hulleself kan tuismaak sonder om winkels toe hoef te jaag.

WiFi is in die huis beskikbaar en daar is 'n TV en DVD-speler in die hoofslaapkamer. Daar is 'n versameling Franse en Engelse DVD's vir volwassenes en kinders. Die skoonmaker sal 1 keer per week die huis skoonmaak en die beddegoed vervang. Die eienaars en hulle 3 honde woon in 'n aparte kothuis op die perseel en is beskikbaar indien gaste hulp nodig het. Gaste kan gerus die privaatheid van die huis, tuin en swembad geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Chez Alice sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans

Ligging

  • Sword Dancer-singel 9, Crofters Valley, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 900
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Sword Dancer-singel 9, Crofters Valley, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe82a5e59581ef7101979a32e9577615345d88d4cde364c01237b6e47a3db06d0aa0825451f691a25ee7f33b4cc7eb59becc4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (vir 8 persone) 9 Sword Dancer Close Crofters Valley 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -34.106655216669 18.386669094651
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!