Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chez James

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Jeffs Place, , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Asem die vars seelug in en verloor jouself in die rustige atmosfeer by Chez James Self-Catering Apartment in Yzerfontein. Chez James is 'n moderne selfsorgwoonstel vir 2 persone en bied luisterryke uitsigte oor die see sowel as warm, ontspanne gasvryheid.

Die woonstel het 'n sitkamer, aparte slaapkamer en 'n en suite-badkamer met stort. Al die kamers het pragtige see-uitsigte en die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy nodig het 'n vir 'n luilekker wegbreek of 'n lang vakansie. Die woonstel is toegerus met 'n TV met volledige DStv, speletjies en Duitse en Engelse boeke vir die dae wanneer die son agter die wolke wegkruip. Die woonstel is vas aan die hoofhuis, maar het sy eie, privaat ingang en veilige parkering is beskikbaar op die perseel.

Die woonstel is naby aan die strand wat dit ideaal maak vir diegene wat vir die walvisse en die dolfyne wil kyk of 'n bietjie op die strand wil delf. Bring gerus jou fiets saam, of wandel rustig in Yzerfontein se strate, op die strand of op die seekant-plankpaadjie. As jy van jou energie ontslae wil raak is daar lekker staproetes om te verken en allerhande watersporte. Kyk hoe die voëls in die visdammetjie baljaar terwyl jy jou eerste koppie koffie op die dek geniet. As jy hier is om net 'n bietjie son te vang en te ontspan kan jy gerus uitspan op die sonstoele op die dek. Dasseneiland en Tafelberg doem op in die verte en die branders breek teen die nabygeleë rotse. Skink vir jou 'n glasie wyn en gooi 'n vleisie op die vuur wanneer die son begin water trek, sit terug en kyk hoe die son sak in 'n goue gloed aan die einde van 'n perfekte dag.

Of jy nou op soek is na 'n romantiese wegbreek of 'n opwindende vakansie, ons sal seker maak jou verblyf by Chez James is betowerend en onvergeetlik. Geniet die rustige, huislike atmosfeer, die asemrowende uitsigte en kalmte van hierdie omgewing. Moeë siele kom van heinde en verre om hul batterye hier by ons te herlaai, as jy eers Yzerfontein se sand tussen jou tone gevoel het sal jy vir altyd hier wil bly!

Slaapplek

’n Bespreking by Chez James sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Switsers

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 29 resensies vir Chez James
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 1 Jeffs Place, , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Chez James het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Jeffs Place, , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaWlPHxIGaj1tEMyq5Ro8XvccizrGbWliDANVunHfhvXouCJ26a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 1 Jeffs Place Pearl Bay 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.366916666667 18.167888888889