Chic Views

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chic Views is 'n selfsorgkothuis wat in Tamboerskloof in Kaapstad geleë is. Die perseel is aan die voorheuwels van Seinheuwel geleë en bied slaapplek vir 'n paartjie.

Die kothuis is stylvol en volledig ingerig. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed wat met Egiptiese katoenlinne oorgetrek is. Die slaaparea word deur 'n gordyn geskei van die res van die eenheid en dit kan dig getrek word vir privaatheid. Daar is 1 badkamer met 'n verhewe, vrystaande Victoriaanse bad en 'n aparte stort.

Die kothuis het 'n oopplan-leefarea met glasdeure wat van die vloer tot by die plafon strek en oopmaak op die balkon. Die goed toegeruste kombuis het al die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Daar is 'n deur in die kombuis wat na die binnehof lei, waar 'n paadjie dan na trappe lei wat jou tot op die dakterras neem.

Die terras het 'n Jacuzzi, sonstoele en braaigeriewe. Van hierdie vermaakarea af kan gaste lieflike 180º-uitsigte op Tafelberg en die stadskern geniet.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor. Chic Views is ry-afstand vanaf verskeie restaurante, kroeë, boetiekwinkels en verskeie doendinge in en om die stad se sakekern.

Slaapplek

'n Bespreking by Chic Views sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chic Views gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 935 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false