Chill Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chill Inn is 'n selfsorghuis in die rustige kusdorpie Dwarskersbos aan die Weskus. Die vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en is stapafstand van die strand af.

Die gemeubileerde huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer deel die tweede badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv Easy View. Gaste kan ook die Premium DStv-pakket teen 'n ekstra koste huur. Die leefarea bied toegang tot die binnenbraai-area. Goed gemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Chill Inn is prefek vir diegene wat die dorpie Dwarskersbos se rustigheid wil ervaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Chill Inn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chill Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 330 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false