Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe skuil tussen die heuwels en natuurlike damme van die Mabalingwe Wildreservaat. Dié lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-grasdakhuis. Dié Groot 5-reservaat van 12 500 ha is 'n natuurliefhebber se paradys en bied 24 uur-sekuriteit.

Die huis is stapafstand vanaf die hoofswembad, minigholf-, tennis- en muurbalbaan, speelgrond, pooltafel, groot skaakbord, verhitte swembaddens, restaurant en die plaaswinkel.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en het 3 en suite-slaapkamers wat elk met 'n bad, stort en toilet ingerig is. Die huis beskik oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n elektriese oond, 'n stoof, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Volledige DStv. Gaste kan lekker braai in die privaat boma en terwyl hulle na die bosgeluide luister.

Daar is onderdakparkeerplek is vir 3 voertuie.

Kom ontspan hier by ons en ontmoet die wilde diere wat vrylik rondom die lodge beweeg. Ons het al selfs olifante op die drumpel hier gewaar! Vlakvarke kom ook daagliks kuier. Voëls en wild is volop. Wildritte kan bespreek word, maar jy kan ook in jou voertuig gaan wildkyk. Die lodge spog met 'n restaurant en kroeg, boskroeg, drankwinkel, OTM en vulstasie om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak.

Die reservaat bied ook baie doendinge op die perseel soos boogskiet, wildritte, nagritte, sonsondergang-toere, voëlkyk, saalsafari's en leeuvoer-uitstappies. Mabalingwe Wildreservaat is 'n uur en 'n half se ry van Pretoria af en 'n halfuur se ry vanaf Bela-Bela. Ontsnap van die stadsgewoel en kom geniet die pragtige bosveld hiér!

Slaapplek

’n Bespreking by Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Enkelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 143 resensies vir Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44d46918a80719842880630f4e51dfbbabfc0c7fdc6f477a8379b1f0d1f1ac7e048f506ed9e677c499487ad1928b67a21d8e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8) 143 5 1 5 Mabalingwe Game reserve R516 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.82188645447 28.062062646495