Chillsome House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chillsome House is op die gholflandgoed in Langebaan geleë. Die pragtige dubbelverdiepinghuis is goed ontwerp, gerieflik uitgelê en ingerig met goeie meubels.

Die groot huis het 'n oopplan-leefkamer, -kombuis en -eetkamer. Die huis bied slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n tri-stapelbed met 'n enkelbed bo en 'n dubbelbed onder. Die derde slaapkamer het 1 enkelbed, en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed.en die vyfde kamer het 'n en suite-badkamer en 1 koninggrootte-bed. Slaapkamers 2, 3 en 4 deel 'n badkamer en daar is 'n badkamer met 'n toilet. Die huis is toegerus met luukse geriewe soos 'n skottelgoedwasser, 2 platskerm-TV's, 'n DVD-speler en 'n DStv-hotelpakket. Die huis beskik ook oor gehalte-linne en -handdoeke.

Dit spog ook met 'n ingeboude braaiplek binne en buite so dis ideaal vir gesellige kuiers in die winter én die somer. Die braaiplek buite bied toegang tot 'n swembad. Die huis het 'n groot beskutte agterplaas. Die dubbelmotorhuis is nie beskikbaar vir gaste nie, maar daar is oorgenoeg parkeerplek. Ons laat ongelukkig nie troeteldiere toe nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Chillsome House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chillsome House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 969 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false