Chinderera Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chinderera Eco Lodge bied suites wat alles insluit. Dit is in die iSimangaliso Vleilandpark geleë en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige blaaskans weg van die stadsgedruis af, maar naby verskeie besienswaardighede.

Verblyf by Chinderera Eco Lodge bestaan uit 2 suites wat van houtrame en seilstof gemaak is. Elke suite het 'n ekstra lang koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer binne en buite met 'n versonke bad of stort. Dié eenhede het ook volledige gaasventers teen muskiete, asook oprolblinders, 'n lessenaar, 'n koffietafel met sitplek, 'n bagasierak en hangplek vir klere.

Ontbyt en ander heerlike etes is ingesluit en word in die eetarea bedien. Die lodge het ook 'n kroeg langs die swembad, 'n boma met 'n vuurpit en 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n grootskerm-TV. Chinderera Eco Lodge is in die woud geleë, naby die Makhawulani-meer.

Verskeie doendinge kan ook by die lodge gereël word onder meer duik, kajakvaart, snorkel, boot- en seeskilpadtoere, om net 'n paar te noem.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chinderera Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false