Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chobe River Camp

Tentekamp
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Feb 2024 tot 30 Jun 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D3512, Ngoma-streek, 50 km vanaf Katima Mulilo, 0000, Zambezi
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 790 R1 522 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Chobe River Camp is enige wild- en voëlkykliefhebber se droom. Dit is op die oewer van die Choberiver oorkant die Chobe Natuurreservaat geleë en is die ideale plek om te ontspan. Die lodge is deur die natuurlike skoonheid van die landskap geïnspireer en die chalets is van mopaniehout.

Verblyf word in 20 luukse tent-chalets gebied wat met manjifieke uitsigte oor die Choberivier van die privaat dek af spog. Elke chalet het sonkrag, 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet, en muskietnette oor gemaklike beddens. Gaste kan hul elektroniese toestelle in die hoofgebou laai aangesien daar geen kragproppe in die chalets is nie.

Die hoogtepunt van die hoofgebou is die uitsig vanaf die dek se gemaklike banke. Gaste kan ook kyk hoe die sjefs in die interaktiewe kombuis etes voorberei. Etes kan in die eetkamer met 'n lieflike uitsig bedien word, of buite by die oop vuurput geniet word. As gaste gelukkig is, kan hulle dalk 'n trop olifante, buffels en wildsbokke sien.

Die lodge het 'n restaurant, kroeg, swembad, gratis WiFi in die hoofgebou, 24 uur-sekuriteit, wasgoeddienste en veilige parkeerplek. Elektrisiteit word deur sonkrag en kragopwekkers voorsien. Seisoenale doendinge kan by die kamp bespreek word teen 'n ekstra koste per persoon, en dit sluit bootvaarte, begeleide voetslaanroetes, kanovaart, voëlkykuitstappies en 'n uitstappie na die Victoriawaterval toe in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 2 resensies vir Chobe River Camp
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • D3512, Ngoma-streek, 50 km vanaf Katima Mulilo, 0000, Zambezi
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Zambezi Namibië
Vanaf R1 790
R1 790 R1 522
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 790
R1 790 R1 522
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D3512, Ngoma-streek, 50 km vanaf Katima Mulilo, 0000, Zambezi
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF5BFVfRpwN6VUKxiGq0M1ZQa8SmUS8xeQWcxpjuNrASOhmK8pB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 790 nouVanaf R1 522 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 D3512 Ngoma Region 0000 Zambezi 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -17.898338021796 24.728923483467