Circle T Ranch and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod

Ontvang 'n gratis maaltyd vir 2 in die restaurant en R100 van u verblyf af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Circle T Ranch and Cottage bied vreedsame Westerse verblyf waar jy die Amerikaanse Indiane se leefstyl kan ervaar deur in 'n Sioux-tipi te bly. Daar is ook 'n plaaskothuis met 2 slaapkamers. Circle T Ranch and Cottage is skuil op 'n plaas 11,7 km buite Philadelphia.

Die tipi-verblyf bied 'n wittebrood-tipi en 3 standaard-tipi’s. Die wittebrood-tipi het 'n koningingrootte-bed met beddegoed en 'n vuurput met hout. Elke standaard-tipi beskik oor 4 enkelmatrasse met lakens, kussings en duvets. Daar is gemeenskaplike toilette, storte en 'n sentrale area met braaigeriewe, 'n vuurput en kombuisie. Bring asb. jou eie badhanddoeke, kos en drankies saam.

Die plaaskothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n stort en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n kaggel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 stapelbeddens. Daar is slaapplek vir nog 2 gaste op 'n slaapbank in die sitkamer.

Hier sal jy wakker word met natuur- en plaasgeluide in jou ore. Daar is 'n restaurant op die perseel wat Woensdae tot Sondae oop is. Die kombuis sluit om 22:00 en besprekings vir spesiale funksies is moontlik. Circle T Ranch and Cottage kan spyseniering doen vir troues, partytjies, korporatiewe funksies, spanbou, rolprentverfilming, fotosessies en kinderkamp. Amerikaans-Indiaanse kralewerk en klere word op die perseel gemaak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Circle T Ranch And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Ontvang 'n gratis maaltyd vir 2 in die restaurant en R100 van u verblyf af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false