Citivet Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Citivet Cottage is ’n selfsorg-, rietdakhuis in Struisbaai. Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en is slegs 500 m van die strand af.

Die huis is volledig gemeubileer en het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Drie van die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed, ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak, en ’n deur wat na ’n balkon lei. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde kamer is ’n solderkamer met 2 enkelbeddens, en dit beskik oor ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die vierde kamer is onder en het 2 enkelbeddens, ’n en suite-badkamer en ’n dubbelglasdeur wat na die veranda toe lei.

Die kombuis is goed toegerus en het al die nodige toebehore om maaltye voor te berei, asook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitarea het ’n TV met volledige DStv en die perseel beskik ook oor ’n braai-area en tafeltennistafel aan die een kant van die dubbelmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Citivet Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Citivet Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false