Clan Court

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clan Court is 'n bekoorlik gastehuis in die oulike dorpie Clanwilliam teen die voet van die Sederberge. Die huis is sentraal naby restaurante, winkelsentrums en die sakedistrik geleë.

Die gastehuis bied slaapplek in 3 slaapkamers wat smaakvol versier is en en suite-badkamers het. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort en die derde kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamers het privaat toegang tot 'n stoep en het linne, handdoeke, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, haardroërs en 'n yskassie. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer.

Gaste kan die gemeenskaplike kombuis en die elegante sitkamer en eetarea benut wat na die tuin en swembad lei. 'n Wasgoeddiens, gratis WiFi, gemeenskaplike braai-area en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Clanwilliamdam, Pakhuis Bewarea, Ramskop Natuurreservaat, Sevilla Rotskunsroete en die Cederberg Astronomiese Sterrwag in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clan Court gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za