Watersideliving - Claptons 26

Voeg by Gunstelinge

 

Belasting en Ekstras
- Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hul eie dekodeerders, slimkaarte en kabels saam te bring.
- Enige betaling bevestig die aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van die kontrak en huisreëls.
- Die breekskadedeposito is binne 2 weke na die uitklokdatum terugbetaalbaar nadat die inventaris deurgegaan is.
- 'n Bykomende R185 sal gehef word indien die geld in 'n swift-rekening inbetaal moet word.
- Reëlings vir 'n parkeerpermit vir dagbesoekers moet voor aankoms getref word.
- Permitte moet in die voorruit van die motor vertoon word: R50 per motor.
- Dagbesoekers word slegs tussen 08:00 en 22:00 toegelaat.
- Gaste moet hul voertuie in die toegewese parkeerplek parkeer. Besoekers parkeer op die besoekersparkeerplek.
- Geen harde musiek, geraas of luiddrugtige gesprekke word toegelaat nie.
- Geen partytjies of byeenkomste sal toegelaat word nie.
- Ons besprekingstariewe sluit alle skoonmaakdienste en omruil van linne in die eenheid uit.
- Daaglikse skoonmaakdiens, uitsluitend Sondae en openbare vakansiedae, kan vooraf gereël word by die kantoor.
- Wasgoeddienste is beskikbaar. Bring asb. jou wasgoed voor 09:00 en tel dit tussen 16:00 en 17:00 weer op. Reël asseblief by die kantoor.

Voorwaardes van huur:
Sodra die deposito ontvang word, is die bespreking gefinaliseer. Indien kansellasies nie 30 dae of meer voor die inklokdatum plaasvind nie, sal daar aangeneem word dat die gas aanvaar het dat dit gefinaliseer is. Jy sal dan aanspreeklik gehou word vir die volle huurbedrag indien daar nie 'n plaasvervangerbespreking gevind kan word vir die volledige tydperk van die oorspronklike bespreking nie. Die deposito is nie terugbetaalbaar nie.

Enige betaling bevestig die aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van die kontrak en huisreëls. 'n Volledige kopie van die huisreëls is in 'n lêer in die eenheid. Neem asseblief kennis daarvan. Gaste moet ten alle tye by die algemene huisreëls hou (sien hieronder). Indien hierdie reëls oortree word en ons 'n klagte ontvang, sal die gas gevra word om die perseel binne 3 ure nadat 'n skriftelike kennisgewing uitgereik, te verlaat. Geen terugbetaling sal gemaak word nie. In die geval dat enige gas die huisreëls of Marina se regulasies oortree en 'n boete gehef word, is dit die gas se verantwoordelikheid om die boete te betaal.

Maksimum 4 gaste word per tweeslaapkamerheid toegelaat en 6 gaste per drieslaapkamereenheid.

Slegs 1 parkeerplek en 1 stel sleutels is per eenheid beskikbaar.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Vrywaring: Hiermee vrywaar die gaste, vrylik en gewilliglik, die eienaar en agente van Waterside Living Estates teen enige aanspraak van enige natuur vir enige besering, verlies, skade of ongerief waaronder gaste moontlik mag ly, direk of indirek verwant aan die instansie.

Gaste betree die perseel op eie risiko. Reg van toegang voorbehou.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
Die bespreking word bevestig met ontvangs van die deposito. Indien die bespreking nie 30 dae of meer voor die inklokdatum gekanselleer word nie, sal dit as aanvaarding geag word en sal die gas verantwoordelik wees vir die volle besprekingsbedrag, tensy 'n plaasvervangerbespreking vir die volle tydperk deur die gas opgespoor word. Die deposito is nie onder enige omstandighede terugbetaalbaar nie.

Gaste wat na Watersideliving - Claptons 26 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 265 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za