Clarens Mansions

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 40 % af

Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Okt 2019 tot 31 Mei 2021.

Beskrywing

Clarens Mansion is in Clarens geleë, teen die voet van die Malutiberge in die Vrystaat. Die dorpie is welbekend vir sy kunsgalerye, berge, visvang en geskiedenis. Clarens het pragtige natuurskoon en 'n matige klimaat, wat dit 'n gewilde wegbreekplek vir stadsjapies.

Verblyf word in 4 slaapkamers gebied en daar is slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n suite-badkamer, asook skuifdeure wat na 'n massiewe stoep-area lei wat oor die gholfbaan en meer uitkyk. Die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed met ’n en suite-badkamer en 'n stoep-area. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die vierde kamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word.

Die volgende word by Clarens Mansion aangebied: luukse 5-ster-produkte soos lyfroom, sjampoe, opknapper en seep. Japonne vir hom en haar, handdoeke, komberse, warmwaterbottels en kombersies word ook voorsien.

Pragtige houtkaggel waar met onbeperkte gratis hout sword voorsien.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n gasstoof, elektriese stoof, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, mikrogolf, yskas-vrieskas en oorgenoeg kasspasie. Die sitarea, eetarea, kroeg en ontbytkroeg is als oopplan.

Alhoewel die kaggel slegs vir estetiese doeleindes en nie vir gebruik beskikbaar is nie, kan gaste verwarmers versoek om die vertrekke te verhit. Elektriese komberse en ekstra komberse word ook voorsien.

Daar is parkeerplek vir 4 voertuie op ’n groot oprit. Die dubbelmotorhuis is gesluit. Daar is nog parkeerplek op die gras indien nodig. Die eenheid het ook braaigeriewe.

Doendinge naby die eenheid sluit perdry, visvang, fietsry en bergfietsry in.

Let asb. dat daar geen skoonmaakdienste is nie, maar dat dit wel op versoek gereël kan word.
Neem asb. kennis dat die spesiale aanbod nie op openbare vakansiedae geldig is nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Clarens Mansions sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clarens Mansions gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 450 R4 450 per nag (plek vir 10)

Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Okt 2019 tot 31 Mei 2021.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za