by Clarens Mountain Sage Self-catering | LekkeSlaap
+62

Clarens Mountain Sage Self-catering

Spesiale Aanbod

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 30 Sep 2022 tot 31 Okt 2022 gemaak.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 229, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 190 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Clarens Mountain Sage Self-catering beskik oor 2 eenhede wat apart bespreek kan word in 'n rustige en stil area van Clarens, net 5 minute se stap van die middedorp af.

Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, en suite-badkamer en 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea wat na 'n onderdakstoep met braaigeriewe en 'n onbelemmerde uitsig op die berge lei. Die ruim slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n outydse komvenster met 'n uitsig op Horebberg. Die groot en suite-badkamer is rolstoelvriendelik en het handvatsels in die stort en by die toilet en wasbak.

Die huis is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis met 4 en suite-slaapkamers waarvan een 'n rolstoelvriendelike stort het. Daar is 'n gemeenskaplike sitarea op die grond- en eerste verdieping. Let asb. op dat daar 'n nou trap na die eerste verdieping lei en gaste moet versigtig wees. Op die grondverdieping is daar 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n groot stoep met 'n ingeboude braai aan die voorkant van die huis. Die huis het ook 'n houtvuur-smeulstofie.

Die perseel het 'n afstandbeheerde sekuriteitshek, is heeltemal omhein en het onderdakparkeerplek vir gaste. Albei eenhede het gratis, onbeperkte WiFi en alarmstelsels.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 19 resensies vir Clarens Mountain Sage Self-catering
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Roosstraat 229, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Mountain Sage Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 229, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhWrwfuXRksNQloDW5jp9nnfgpxKg3Ju0dzbMl2qDmhXTwwdsWo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 190  per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 229 Roos Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -28.517339224705 28.41983638525
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem