Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clarens Valley Lodge

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Clarens Valley Lodge is in die lieflike Clarens geleë en bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in 'n dubbelverdiepinghuis wat ideaal is vir gesinne.

Die huis bied slaapplek vir tot 9 gaste en dit beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die ruim hoofslaapkamer is op die onderste vloer en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die hoofslaapkamer het ook 'n slaapbank wat geskik is vir kinders. Die tweede slaapkamer is ook onder geleë en beskik oor 'n dubbelbed met 'n elektriese kombers. Die derde slaapkamer is 'n gesinskamer wat bo geleë is en oor 5 enkelbeddens beskik. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort en toilet, sowel as 'n aparte toilet.

Die oopplan-kombuis en -eetkamer het 'n groot eetkamertafel. Die opwaskamer het 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n wasbak. Daar is ook 'n wasbak in die kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, eetgerei, 'n mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Die ruim sitkamer beskik oor 'n kaggel en die vertrek lei deur 'n glasdeur na 'n patio met lieflike uitsigte. Daar is ook 'n buite-leefarea. Die patio het 'n draagbare braai, 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n sitkamer bo met 'n TV met plaaslike kanale. Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hul eie dekodeerders en slimkaarte saam te bring.

Gaste het toegang tot 'n omheinde tuin met pragtige uitsigte oor die omliggende berge. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie langs die huis en daar is 'n veiligheidshek. Die huis is troeteldiervriendelik, maar die eienaars versoek asseblief dat diere nie op die meubels of beddens toegelaat word nie en dat gaste agter hul troeteldiere sal skoonmaak.

Die huis is lekker naby Clarens se middedorp met al sy restaurant, winkels en kunsgalerye.

Slaapplek

’n Bespreking by Clarens Valley Lodge sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 5 persone
5 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 50 resensies vir Clarens Valley Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 625

Jaar gelys 10

Ligging

  • Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Valley Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3Mzc1YzBjLTliNDgtNDVkYy1iNDZkLTUyOTMwOWJmOTZiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 9 mense 50 5 1 5 Swart Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.508265448289 28.418984860182
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem