Cliff Road House
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cliffstraat 9, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R6 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Cliff Road House bied selfsorgverblyf in 'n pragtige, lugtige en ruim vyfslaapkamerhuis op die seefront in Hermanus. Gaste kan lieflike uitsigte oor die baai, vanaf die hawe tot by die dorp, en berguitsigte geniet.
Die huis bestaan uit 5 slaapkamers (waarvan vier 'n see-uitsig het), 4 badkamers en daar is slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed, 'n aantrekkamer en 'n badkamer met 'n bad, stort, en 'n bidet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en deure wat na 'n privaat stoep lei. Die derde slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens.
Die leefarea beskik oor 'n ruim kamer met lieflike uitsigte en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis en 'n waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea is lugtig en daar is 'n patio-kamer wat noord front, met wye deure wat na 'n privaat tuin en 'n swembad lei.
Die eiendom is veilig en het 'n alarmstelsel. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en gaste het toegang tot oorgenoeg parkeerplek op die perseel. Van hier af kan gaste lieflike see-uitsigte geniet en, indien jy gelukkig is, kan jy ook dalk walvisse gewaar. Gaste kan dorp toe stap al langs die kranspaadjie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Ligging
- Cliffstraat 9, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cliffstraat 9, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom