Clifton 1st Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clifton 1st Beach is 'n ruim ateljeewoonstel met ongelooflike utisigte oor die suidelike Atlantiese Oseaan. Die woonstel het moderne meubels, luukse toebehore en gesofistikeerde ondertone en is die ideale vakansiebestemming vir enige besoeker. Die eenheid het direkte toegang tot die strand waar jy teen sononder kan gaan stap of geniet 'n skemerkelkie met 'n uitsig.

Die eenheid bestaan uit 1 slaapkamer en 1 badkamer met slaapplek vir 2 gaste met lugversorging. Die slaapkamer bied ongeëwenaarde uitsigte oor die see wat jy vanuit jou bed kan geniet. Daar is 'n koningingrootte-bed, 2 bedtafeltjies en meer as genoeg spasie in die klerekaste vir jou persoonlike items. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv en 'n lekke klankstelsel. Die en suite-badkamer is 'n belewenis op sigself. Ontspan in die moderne bad, die ideale plek om tot rus te kom na 'n vol dag. Daar is ook 'n groot instapstort en wasbak. Daar is ook 'n tweede volledige, aparte badkamer.

Die moderne kombuis spog met toestelle van vlekvrye staal wat 'n yskas-vrieskas, 'n stoof met 'n glasblad, 'n oond en wasmasjien. Die groot, glas-eetkamertafel het sitplek vir 8 vriende en familielede. Die woonvertrek het gemaklike sitplek met 'n rusbank en twee leunstoele. Daar is ook 'n hoëtroustelsel in die woonvertrek. Daar is WiFi regdeur die huis.

Daar is ook 'n parkeerplek vir jou motor. Vir jou gemoedsrus, bied ons ook 'n 24-uur sekuriteitsdiens.

Slaapplek

'n Bespreking by Clifton 1st Beach sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clifton 1st Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za