Clifton Keep

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clifton Keep is 'n stylvolle villa met 4 slaapkamers in die hartjie van Clifton. Dié Balinese huis is hoog teen die hange van Leeukop en bied heerlike leefruimtes, pragtige afwerkings en 'n uitsig oor Clifton se strande.

Die villa het 4 slaapkamers met uitsigte oor die see, en 'n sondek langs die hoofslaapkamer. Elke kamer het 'n TV, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die villa se oopplan-leefarea omring 'n binnehof met 'n elektriese glasdak wat gerieflik is in die somer én winter.

Gaste kan etes op die voorste terras met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan geniet. Daar is ook 'n glasswembad in die privaat agtertuin en braaigeriewe is beskikbaar. Die villa bied verder 'n wynkelder, stoomkamer en sauna, kombuis met 'n instapkoelkamer, motorhuise, gehalteverblyf vir personeel, en uitstekende sekuriteit.

Clifton Keep het 'n skottelgoedwasser, espresso-masjien, ysmaker, lugversorging, verhitting, klankstelsel, TV, kaggel, kantoor, hysbak, WiFi, wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en -plank, en 'n sekuriteitstelsel. Skoonmaakdienste, 'n sjef, lughawevervoer en 'n verwelkomingsmandjie is by die tarief ingesluit. Gaste kan ook teen ekstra koste 'n butler, doendinge en toere bespreek, of reël dat die villa vooraf van voorraad voorsien word.

Slaapplek

'n Bespreking by Clifton Keep sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clifton Keep gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R28 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za