Louis Trichardt Akkommodasie by Cloudforest Chapel & Camping | LekkeSlaap
+20

Cloudforest Chapel & Camping

4 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 4 resensies vir Cloudforest Chapel & Camping
Netheid
3.5/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5
Neil V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Neil V
Gesin met klein kinders

Baie lekker, rustige atmosfeer.

Goeie, billike selfsorg-akkommodasie. Al die basiese benodigdhede is daar. Pragtige natuurlewe in en om die gebied. Veilige parkeerplek, ons was nie bekommerd een keer die hele naweek nie. Die huisie self was mooi skoon en netjies en baie goed uitgelê. Die braai-area was vir my beeldskoon met die uitkyk na die oerwoud toe. Die plek was mooi netjies, apart van die skottelgoed wat nie mooi skoon was nie. Alles moes weer gewas word voor die gebruik daarvan. Ek is 'n bietjie teleurgesteld dat daar net twee sakkies koffie was, genoeg vir een oggend. Daar was ook nie weer bygevoeg die volgende dag nie. Ek was onder die indruk dat beddens sal opgemaak word elke dag. Ongelukkig was dit nie so nie. Als in als was dit 'n lekker plek om te oornag.

Cloudforest Chapel & Camping's terugvoer

Beste Neil,

Dankie vir jou terugvoering op julle verblyf by Cloudforest. Jammer dat van die skottelgoed nog vuil was, nie seker hoe dit gebeur het nie. Dit is 'n baie mooi area, en baie mense kom om 'n bietjie weg te kom van alles af, daarom is daar geen bediening by ons eenhede nie. Dit is so gemerk op ons bladsy, maar ek verstaan dat dit soms mis gekyk word. Hoop om julle eendag weer te kan ontvang.

Cloudforest Chapel & Camping
Hennie B - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Hennie B
Besigheidsreis

Baie mooi kampplek.

Die uitsig is pragtig en die kamp-area netjies. Ek dink R250 per aand is 'n bietjie duur vir 'n kampplek sonder krag en koue storte. Vir die ouens wat dit wil "rof" is dit pragtig. Ek is dankbaar dat Wayne ons toegelaat het om een van die chalets se stort te gebruik. Ek was daar met besigheid en het net geslaap en gewerk.

Wimpie H - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wimpie H
Enkelreisiger

'n Wonderlike wegbreek van die rumoer van die stad af - pragtige natuurskoon,

Dankie vir die plek wat weggesteek is in die berge. Het die absolute stilte geniet en pragtige natuur wat daar is. Inderdaad 'n plek om na toe weg te breek as jy van alles af wil wegkom!

Celeste V - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Celeste V
Gesin met tieners

Baie rustig en gerieflik.

Baie mooi, rustige omgewing. Vriendelike personeel. Mooi plantegroei en baie voëls.

Vanaf R250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bluegumsport-pad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5ZmQ0ZWNkLWRiYjEtNDMxNS04NmU2LWVkYmYxMTY3ZGUxNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R250  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 Bluegumsport Road Louis Trichardt 0920 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -22.991253256897 29.912469899864
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za