Coastal Family Breakaway
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoylake-rylaan 28, Durban-Noord, Durban, 4051, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Coastal Family Breakaway is 'n moderne en pragtige selfsorghuis in die besige deel van Durban-Noord en dis ideaal vir 'n gesinswegbreek. Daar is meer as 20 restaurante 'n entjie weg en die Beachwood Country Club en Beachwood-strand is net 2 km weg. Gateway en Umhlanga is net 10 minute se ry weg en uShaka Marine World en Durban se Gouemyl is ook naby.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n kombuis, eetkamer en 'n leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n dubbelwasbak-eenheid. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste en 'n kleurvolle Malawi-vistenk. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n groot platskerm-TV met Netflix en sekere DStv-kanale. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n klimraam en 'n trampolien in die tuin. Daar is ook 'n swembad met sonstoele en 'n kuierarea met 'n ingeboude kroeg en 'n gastetoilet. Daar is ook 'n gasbraai en 'n etenstafel met stoele.
Slaapplek
’n Bespreking by Coastal Family Breakaway sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Ligging
- Hoylake-rylaan 28, Durban-Noord, Durban, 4051, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Broadway Beachwood Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoylake-rylaan 28, Durban-Noord, Durban, 4051, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom