Cocagne Earth Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cocagne Earth Lodge is 'n aardse huis wat pragtig ontwerp op 'n eko-vriendelike manier gebou is en spog met 360°, ononderbroke see- en berguitsigte. Dié lodge is net 50 km van Kaapstad af op die randjie van 'n natuurreservaat, na aan winkels, restaurante en uitstekende gesondheidsorg. Dit is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders.

Ons noem dit ons 'Out of Africa' huis, omdat dit deur ons menigte reise deur Afrika geïnspireer is.

Die hoof leefarea is lugtig en is 3 meter hoog en 5 meter breed, en het konsertinadeure wat heeltemal oopvou en die sitkamer en die stoep verbind. Dis ontwerp om skuiling te bied teen die suidooste-wind, en die buite-area is 'n wonderlike onthaalplek, met 'n sonverhitte swembad (met 'n hekkie vir veiligheid), 'n ingeboude en bedekte braai-area, 'n kruietuin en selfs 'n tradisionele pizza-oond! Die kombuis is volledig toegerus en het 'n aparte kroeg en die opwaskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis en kroeg lei na die eetkamer wat toegerus is met 'n etenstafel vir 8 gaste. Die eetkamer lei weer na die leefarea met 'n groot kaggel, ideaal vir die winter en koeler somersaande.

Die boonste verdieping kyk uit oor die leefarea met 'n uitgebreide terras en ononderbroke uitsigte oor Valsbaai, die Helderberg Wynvallei en Kogelberg Biosfeer. Dit oopplan-tussenvloer is die perfekte plek om te sit en lees of speletjies te speel. Daar is 'n klein kaggel en is veilig vir peuters.

Die hoofslaapkamer het 'n superkoninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n bidet. Die lei direk na die terras met see- en berguitsigte. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde het 'n stapelbed. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die huis het ook 2 aparte selfsorg-ateljeewoonstelle wat permanent verhuur word aan langtermyn-gaste (een van hulle is 'n toergids, indien jy een sou benodig en die ander 'n baie beskeie ouer dame). Albei die inwoners is stil en sal jou privaatheid respekteer. Daar is ook 2 beeldskone, groot honde (die een is 'n Duitse herdershond gekruis met 'n wolf) en 2 avontuurlustige katte wat op die perseel woon en deur die inwoners gevoer word. Ons het ook 'n opsigter wat vanuit 'n kantoor op die onderste vloer werk van Maandag tot Vrydag, tydens kantoorure, sou jy enigiets benodig.

'n Skoonmaker sal die huis 2 keer 'n week skoonmaak, op 'n Maandag en Donderdag.

Slaapplek

'n Bespreking by Cocagne Earth Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cocagne Earth Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 310 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za