Cockpit Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cockpit Guest House is 'n gerieflike gastehuis wat modern ingerig is en in 'n stil, voorstedelike straat in Rhodesfield, Kempton Park by Johannesburg se lughawestreek geleë is. Die gastehuis is stapafstand van die Gautrein af wat direkte toegang tot O.R. Tambo Internasionale Lughawe bied.

Die kamers by Cockpit Guest House is ideaal vir sakereisigers én vakansiegangers. Die verblyf word in smaakvolle gastekamers aangebied wat elkeen 'n unieke dekor-tema het. Daar is ook ingeboude kaste, 'n en suite-badkamer, 'n TV met DStv, 'n lessenaar, 'n telefoon, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe in elkeen van die kamers.

Ontbyt word elke oggend in die eetkamer bedien en gaste kan kies tussen 'n Engelse, Kontinentale of 'n wegneem-ontbyt. Aandete, drankies en ligte peuselhappies kan ook op versoek bestel word. Die gastehuis het ook 'n kroeg.

Gaste kan op die stoep ontspan, 'n maaltyd of drankies geniet, of net rustig sit en gesels. Cockpit Guest House het 'n sierfonteintjie wat dag en nag kabbel om 'n rustige atmosfeer te skep. Daar is ook 'n WiFi-kuberkol beskikbaar.

Ons voorsien veilige parkeerplek op die perseel agter 'n hek. 'n Gratis lughawependeldiens na en vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe kan voorsien word. Die vriendelike ontvangs kan help om vlugte, toere, pakkette en motorhuurdienste te bespreek.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cockpit Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za