Coco De Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Coco De Mer is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die gesogte Shelley Point Gholflandgoed in St Helenabaai. Die vakansiehuis is 10 minute van die strand af.

Die huis is ten volle gemeubileer en het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is bo en het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste. Dit lei na 2 balkonne aan weerskante van die kamer en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Kamer 2 en 3 is ook bo, is lekker ruim en het dubbelbeddens en en suite-badkamers. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat oor 'n bad, dubbelwasbak en toilet beskik. Kamer 2 lei ook na een van die balkonne. Kamer 4 is onder en het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Die derde badkamer is onder en het 'n stort, wasbak en toilet.

Die oopplan-kombuis onder is met al die nodige geriewe toegerus en daar is 'n wasmasjien en toegang tot 'n enkelmotorhuis met outomatiese deure. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n groot platskerm-TV met volledige DStv.

Die leefarea lei na 'n onderdakbraaiplek, 'n binnehof met 'n teëlvloer, stoepmeubels, 'n swembad en Jacuzzi.

Let wel dat daar 'n ekstra skoonmaakfooi en terugbetaalbare breekskadedeposito is wat nie by die kwotasie ingesluit word nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Coco De Mer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coco De Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 420 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za