Coliz House

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 15 % af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 6 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Coliz House bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n lieflike drieslaapkamer-gesinshuis in Sandbaai naby die hoofstrand en net 6 km van Hermanus af.

Dié gesinshuis is een van die oudste huise in Sandbaai en is onlangs opgeknap en versier in neutrale skakerings. Die ontspanne atmosfeer van die huis is ideaal as 'n vakansiebestemming. Die huis kan tot 6 mense akkommodeer, met 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer, aparte eetkamer en 'n kombuis.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad. Linne word voorsien in al 3 slaapkamers.

Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en Franse deure wat op die tuin oopmaak. Die aparte eetkamer is ideaal vir bordspeletjies en kaartspeletjies voor die kaggel. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, ketel, stoof, oond en 'n yskas. Gaste het toegang tot 'n privaat tuin.

Sandbaai, 'n rustige kusdorpie naby Hermanus, is sowat 120 km vanaf Kaapstad en dus ideaal vir 'n vinnige naweekwegbreek. Hier in Sandbaai het ons die Curro Privaat Skool en die nuwe Whale Coast Mall. Sandbaai is by die poort van die Hemel-en-Aarde-Vallei en bied maklike toegang tot die plaaslike wynroete, puik restaurante, galerye, studio's, winkels en die Hermanuspietersfontein-markie op Saterdae. Al Hermanus se geriewe is minder as 5 km van ons af.

Die strande en rotspoele hier bied 'n veilige speelplek aan kinders, en dus is Sandbaai 'n gewilde bestemming vir gesinne. Die VOS-kuspaadjie vanaf Sandbaai na Onrus en Vermont is heerlik vir 'n stappie langs die see. Hier kan besoekers ook walviskyk, swem, branderry, visvang en duik. Sandbaai bied permanente- én vakansiehuise, en uitstekende geleenthede om in eiendom te belê - vanaf bekostigbare behuising, sluit-en-ry-verblyf tot luukse huise aan die seekant.

Slaapplek

'n Bespreking by Coliz House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coliz House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 R1 700 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 6 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za