LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Columbasingel 33 | LekkeSlaap
+37

Columbasingel 33

Spesiale Aanbod 20% af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Columba-singel 33, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 R440 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Columbasingel 33 bied selfsorgverblyf in die skilderagtige en rustige kusdorpie Groot-Brakrivier op die Tuinroete.

Die instansie beskik oor 'n ten volle toegeruste tweeslaapkamer-eenheid, asook 'n aparte eenslaapkamer-eenheid. Albei eenhede is totaal afgesonder met aparte ingange. Die eenhede kan wel saam bespreek word en gesamentlik gebruik word as 'n drieslaapkamereenheid met 3 afsonderlike badkamers. (Let asseblief daarop dat daar gedurende Desember-spitstyd 'n minimum-verblyftydperk van 8 nagte is. Daar is in totaal beddens vir 8 mense.)

Die eerste slaapkamer in die tweeslaapkamer-eenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en enkelbed wat van 'n aparte badkamer met 'n bad gebruik maak. 'n Slaapbank is in die woonkamer beskikbaar om klein kindertjies te akkommodeer. Die woonstel het 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n leefarea met 'n Open View TV en dit bied toegang tot 'n stoep.

Die eenslaapkamer-eenheid het 'n dubbel- en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe.

Verskuifbare braaigeriewe asook parkeerplek op die erf is beskikbaar.

Besprekings word tot 11 maande vooruit aanvaar.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Botlierskop Wildreservaat, die Tuinroete Nasionale Park, Botha- en Hersham-strand in, asook Hartenbos en Mosselbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 33 resensies vir Columbasingel 33
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Columba-singel 33, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Columbasingel 33 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
R550 R440
per nag, vir 2 mense
Vanaf R550
R550 R440
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Columba-singel 33, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0caa6311581ccb226e0610ffe09dd4d44d37d755fb5f693cfaecda29b1d4e86c166b7e1a0942ed0ff097a9aaf129bdd6b559?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R550, nou Vanaf R440  per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 33 Columba Circle Southern Cross 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.057237 22.224743
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem