Colwyn Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Colwyn Cottage is 'n selfsorg-dubbelverdiepinghuis in die prentjiemooi dorp Dullstroom. Dié vakansiehuis het die ideale ligging in 'n rustige laning, maar is steeds naby die hoofstraat se winkels en restaurante.

Die huis is volledig gemeubileer en het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer met 'n beskutte buitebad. Die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. 1 kamer het 'n volledige en suite-badkamer met 'n stort en die ander 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Elke bed het suiwer katoenlinne en elke slaapkamer het ingeboude kaste. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor die nodige toebehore om maaltye voor te berei en 'n skottelgoedwasser. Die huis het 2 sitareas: Die boonste sitkamer het 'n kroeg en 'n TV met volledige DStv en die onderste sitkamer het 'n Morso-kaggel.

Daar is ook ingeboude buitebraaigeriewe, 'n veranda en 'n tuin met roosmaryn, laventel, skadubome en ander pragtige plante. 'n Verwelkomingspakket met tee, koffie, melk, 'n bottel sjerrie en 'n bondel hout word met aankoms voorsien.

Dullstroom is bekend vir sy forelstroompies en prentjiemooi visvangplekke. Daar is 'n voëlrehabilitasiesentrum, perdryplekke en produserende plase, om maar 'n paar te noem.

Slaapplek

'n Bespreking by Colwyn Cottage sluit in:

6 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Colwyn Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false